Beskrywing van die maatskaplikewerksupervisor as laervlakbestuurder se take en verantwoordelikhede
Loading...
Date
Authors
Smit, Karmi
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
Hierdie navorsing handel oor die maatskaplikewerksupervisor wat as laervlakbestuurder sekere take en verantwoordelikhede het. Die doel van die navorsing is om vas te stel of die supervisor toegerus is om die take en verantwoordelikhede verbonde aan die pos van laervlakbestuurder suksesvol uit te voer.
Vir die navorsing is ‘n kwantitatiewe benadering en ‘n beskrywende navorsingsontwerp gevolg. In die eerste gedeelte van die studie (Hoofstukke 1 en 2) is gefokus op onder andere die agtergrond tot die navorsingsprobleem en rasionaal, probleemstelling, navorsingsmetodologie en literatuurstudie. Die tweede gedeelte van die studie (Hoofstukke 3 en 4) hou verband met die bevindinge en dataverifiëring en word afgesluit met gevolgtrekkings en aanbevelings wat op die studie van toepassing is.
Description
Citation
Smit, Karmi (2013) Beskrywing van die maatskaplikewerksupervisor as laervlakbestuurder se take en verantwoordelikhede, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/11867>
