<link rel="stylesheet" href="styles.cf390c6bfbe7555f.css">
Institutional Repository

Huweliksvoorbereiding : 'n teologiese praktykteorie

dc.contributor.advisorDe Jongh van Arkel, Jan
dc.contributor.authorPretorius, Willem Abrahamen
dc.date.accessioned2015-01-23T04:24:07Z
dc.date.available2015-01-23T04:24:07Z
dc.date.issued1996-11en
dc.descriptionText in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English
dc.description.abstractHierdie proefskrif het ontstaan uit die behoefte aan 'n bruikbare huweliksvoorbereidingsprograrn wat op 'n teologiese praktykteorie gebaseer is. Die proefskrif word in die praktiese teologie gedoen waar die interaksie tussen teorie en praktyk met verwysing na die huwelik bestudeer is. Hieruit is 'n teologiese praktykteorie vir huweliksvoorbereiding opgestel. In die definiering van 'n program vir huweliksvoorbereiding moet die vraag gevra word waarvoor die paartjie voorberei moet word. 'n Ander wyse om die vraag te stel, is bloot dit: Wat is 'n huwelik? Die probleem is dat daar nie huweliksvoorbereidingsprogramme bestaan met 'n teologiese basis wat gebruik kan word in die voorbereiding van paartjies vir hul huwelik nie. Daar is heelwat programme wat met verskillende vraelyste en formules byvoorbeeld kommunikasie kan verbeter; maar daar is nie programme wat geformuleer is vanuit 'n teologie van die huwelik nie. 'n Definisie vir die huwelik is saamgestel uit die beoordeling van bestaande definisies en die analisering van huweliksmodelle en -vorms. Daarna is 'n definisie vir huweliksvoorbereiding geformuleer. Hierdie definisie is saamgestel uit 'n literatuurstudie en evaluering van bestaande definisies en omskrywings en 'n beoordeling van die geskiedenis van huweliksvoorbereiding in die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Die definisie vir huweliksvoorbereiding word in hoofstukke 4 en 5 verduidelik en in hoofstuk 6 word 'n teologiese praktykteorie geformuleer. In hoofstuk 7 word praktiese riglyne vir die implementering van die program gegee. In die definisie word die noodsaaklikheid van interaktiewe kommunikasie tussen pastor en paartjie verduidelik en die betrokkenheid van die pastor, die gemeente en die kerk by die aanbieding van huweliksvoorbereidingsprograrnme word beklemtoon. Verder plaas die definisie die huwelik binne vier teologiese konsepte, naamlik roeping (die paartjie moet geroepe wees om die ouerhuis te verlaat om in die huweliksverhouding bevestig te word); verbond (die begin van 'n nuwe verhouding); sakrament (die huwelik wat as kerk in die kleine moet funksioneer); en liefdesgemeenskap (die stimulering van die inherente groeipotensiaal van die paartjie).
dc.description.abstractThis thesis originated from the need for a pragmatic pre-marital counselling program based on a theological theory of practice. The research was done in practical theology where the interaction between theological theory and praxis with regard to marital life was studied. Out of this work a theological theory of practice for pre-marital counselling and enrichment was formulated. In defining a program for pre-marital counselling the question is "What to prepare the couple for?'' In other words, the question "What is a marriage?" arises. The problem is that no premarital counselling program based on a sound theological theory of practice (theology of marriage) currently exists that can be used as a program to prepare couples for their marriage. A definition of marriage was compiled from existing definitions and formulations which were analyzed and evaluated in terms of models and forms of marriage. Thereafter a defintion for pre-marital counseling was developed. This defintion was compiled from a study of literature; an evaluating of existing definitions and formulations; and the history of pre-marital counselling in the Dutch Reformed Church. This definition is explained in chapter 4 and 5 in chapter 6 a theological theory of practice is formulated. In chapter 7 a program is presented with practical guidelines for implementation. In the definition the necessity of interaction between pastor and couple is explained as well as the need for the pastor, congregation and the church to participate in adininistering counselling programs. Finally, the definition places marriage in four theological concepts namely, vocation (the calling to leave home and enter a marrital relationship); covenant (commencing a new relationship); sacrament (the marriage as church personified); and community (stimulating the growth potential of the couple).
dc.description.degreeTh. D. (Praktiese Teologie)en
dc.description.departmentPhilosophy, Practical and Systematic Theology
dc.format.extent1 online resource (xvi, 238 leaves)en
dc.identifier.citationPretorius, Willem Abraham (1996) Huweliksvoorbereiding : 'n teologiese praktykteorie, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/15823>en
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10500/15823
dc.language.isoaf
dc.subject.ddc248.844en
dc.subject.lcshCommunication in marriageen
dc.subject.lcshMarriage -- Religious aspects -- Christianityen
dc.subject.lcshMarriage counselingen
dc.subject.lcshPastoral counselingen
dc.subject.lcshMarriage -- Psychologyen
dc.titleHuweliksvoorbereiding : 'n teologiese praktykteorieen
dc.typeThesis

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
thesis_pretorius_wa.pdf
Size:
4.65 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description: