Benutting van Gestaltspelterapie met visueel gestremde kinders
Loading...
Date
Authors
Johnsen, Elouise
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
The researcher found little information in literature reviewed about how Gestalt Play
Therapy is being used in the treatment of visually impaired children. The aim of the
study was to expand knowledge regarding this issue.
A basic qualitative research study of an exploratory and descriptive nature was
undertaken to describe how this therapy may be used in the treatment of such
children. A representative sample was drawn from the population, consisting of
gestalt play therapists who previously provided assistance to these children, using a
purposive non-probability method. Data collection took place through the execution
of semi-structured telephone interviews. Collected data was analysed using the
Thematic Content Analysis to search for related themes (in line with the objectives of
the study) in transcribed interviews. The general conclusion drawn from the empirical
data was that gestalt play therapy can be used to good effect in the treatment of
visually impaired children.
Die navorser het gevind dat daar weinig inligting in die literatuur beskikbaar is oor hoe gestaltspelterapie in die hulpverlening aan visueel gestremde kinders benut kan word. Die doel van die navorsingstudie was dus om kennis uit te brei rakende die benutting van gestaltspelterapie in die hulpverlening aan visueel gestremde kinders. 'n Basiese kwalitatiewe navorsingstudie met 'n verkennende en beskrywende aard is onderneem om te beskryf hoe gestaltspelterapie benut word met betrekking tot visueel gestremde kinders. 'n Verteenwoordigende steekproef is getrek, volgens 'n doelgerigte nie-waarskynlikheidsmetode, vanuit die populasie bestaande uit gestaltspelterapeute wat al van tevore hulp aan visueel gestremde kinders verleen het. Data-insameling het plaasgevind deur middel van semi-gestruktureerde telefoniese onderhoude. Die versamelde data is volgens die Tematiese Inhoudsanalise ontleed deur verbandhoudende temas (ooreenkomstig die doel van die studie) in getranskribeerde onderhoude te soek. Die algemene gevolgtrekking wat vanuit die empiriese bevindinge gemaak kan word, is dat gestaltspelterapie wel in die hulpverlening aan visueel gestremde kinders benut kan word.

Description
Text in Afrikaans with summary in English
Citation
Johnsen, Elouise (2011) Die benutting van Gestaltspelterapie met visueel gestremde kinders, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/5699>