Literatuur en maatskappykritiek : problematisering van seksualiteit in Tom Lanoye se ̀Monstertrilogie'
Loading...
Date
Authors
Joubert, Christiaan Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
This dissertation is a report on how Tom Lanoye, a contemporary Flemish
author who explores themes of social relevance, deconstructs the sexual
identity of his characters within the context of a postmodernist culture. The
manifestation of this deconstruction process is described within those
theoretical paradigms of Michel Foucault and Judith Butler that link sexual
identity and social mores. For the purpose of this research Tom Lanoye‘s
‘Monster’ Trilogy was selected. Set against the backdrop of Belgium society
during the late nineties of the twentieth century and highlighting the moral
downfall of the Deschryver patriarchy, Lanoye’s novels address an assortment
of contemporary gender and social political issues in his trilogy. These include
the following: political corruption; incest; homosexuality; racism; the sexual
abuse of minors; the relation between language and identity, volatile childrenparent
relationships; the subversion of gender norms and sexual
transformation.
In hierdie verhandeling word verslag gedoen van die wyse waarop Tom Lanoye as hedendaagse eksponent van die Vlaamse versetprosa die seksuele identiteit van sy karakters binne die konteks van 'n postmodernistiese verwysingsraam dekonstrueer. Die manifestasie van hierdie dekonstruksieproses word beskryf binne die teoretiese paradigmas met betrekking tot die verband tussen seksuele identiteit en maatskappy van Michel Foucault en Judith Butler. Vir die doel van hierdie ondersoek is Lanoye se 'Monstertrilogie' geselekteer. Gesitueer teen die agtergrond van die Belgiese maatskappy in die laat negentigerjare van die twintigste eeu en gefokus op die morele ondergang van die Deschryver-patriargie, sny Lanoye se trilogie 'n verskeidenheid van aktuele gender-en sosio-politieke kwessies aan. Hierdie kwessies sluit in: politieke korrupsie; bloedskande; homoseksualiteit, rassisme; die seksuele misbruik van minderjariges; die verhouding tussen taal en identiteit; onbestendige ouer-kind-verhoudings; die ondermyning van gendernorme en die kwessie van seksuele transformasie.

Description
Keywords
Citation
Joubert, Christiaan Johannes (2010) Literatuur en maatskappykritiek : problematisering van seksualiteit in Tom Lanoye se ̀Monstertrilogie', University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/3596>