Invloed van stres op die akademiese prestasie van die volwassene-leerder : 'n orto-andragogiese studie
Loading...
Date
Authors
Lotz, Jan Willem
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
Stress is a complex and multi-dimensional phenomenon of which topical significance is
given at present. The aim of this study was to focus on the influence of stress on
academic performance of the young student. First, a comprehensive study of the
literature was undertaken in order to arrive at an understanding of the foregoing. An
overview of the nature, etiology and manifestation of stress, as well as how it is coped
with, is offered. Special attention was devoted to factors that cause the young student
to experience distress.
In addition the way in which the personal actualisation of the young student occurs, was
researched. From the research it appeared that owing to, among other things, the
experiencing of distress and inadequate personal actualisation, some young students are
in a situation involving need, which requires urgent and essential ortho-andragogic
guidance. Consequently, the ortho-andragogic responsibility of rendering aid within the
context of tertiary training was addressed.
Lastly, an empirical investigation of the correlation between distress and particularised
academically oriented issues was launched. Based on the findings and conclusions
arrived at during the course of the study and investigations, recommendations have been
made for future research.
Stres is 'n komplekse en veelvlakkige fenomeen wat in die huidige tydsgewrig van aktuele belang beskou word. Die doel van die studie is om die fokus te laat val op die invloed van stres op die akademiese prestasie van die jeugdige student. Ten einde tot begrip van die voorgaande te kom, is daar in eerste instansie 'n omvattende literatuurstudie onderneem. 'n Oorsig is gebied ten opsigte van die aard, etiologie, manifestering en bantering van stres. In die besonder is gelet op faktore wat aanleiding tot distresbelewing by die jeugdige student gee. Benewens die voorgaande, is die wyse waarop die persoonsvoltrekking van die jeugdige student geskied, nagevors. Uit die navorsing het dit geblyk dat sommige jeugdige studente vanwee onder meer distresbelewing en ontoereikende persoonsvoltrekking, in 'n noodsituasie verkeer, wat orto-andragogiese begeleiding noodsaaklik maak. Gevolglik is 'n blik op die orto-andragogiese aanspreeklikheid vir hulpverlening binne tersiere opleidingsverband gewerp. In laaste instansie is 'n empiriese ondersoek na die korrelasie tussen stres en verbesonderde akademiesgeorienteerde aangeleenthede geloods. Na aanleiding van die bevindinge en gevolgtrekkings waartoe daar in die loop van die studie en ondersoek gekom is, ls aanbevelings vir toekomstige navorsing gedoen.

Description
Summaries in Afrikaans and English
Text in Afrikaans
Text in Afrikaans
Citation
Lotz, Jan Willem (1995) Invloed van stres op die akademiese prestasie van die volwassene-leerder : 'n orto-andragogiese studie, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/17237>