<link rel="stylesheet" href="styles.cf390c6bfbe7555f.css">
Institutional Repository

The influence of reasonableness on determining delictual or tort liability for pure economic loss: comparative conclusions

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Ahmed, Raheel

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

In hierdie artikel sal die invloed van redelikheid op die bepaling van deliktuele aan spreeklikheid vir suiwer ekonomiese verlies in die Suid-Afrikaanse, Amerikaanse, en Franse reg oorweeg word. Daar is tans geen algemene, duidelike definisie van suiwer ekonomiese verlies nie. In die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse reg word dit eenvoudig beskryf as vermoënsverlies wat nie die gevolg is van saakbeskadiging of persoonlik heidskrenking nie. In al drie jurisdiksies kan die verweerder se opsetlike of nalatige optrede, hetsy deur middel van aktiewe handeling hetsy versuim, die oorsaak wees van suiwer ekonomiese verlies. In die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse reg is daar oor die algemeen onwilligheid om skadevergoeding vir suiwer ekonomiese verlies toe te ken, terwyl dit nie die geval is in die Franse reg nie. In al drie jurisdiksies is dit egter duidelik dat daar behoefte is om suiwer ekonomiese verlieseise binne redelike perke te hou. In al drie jurisdiksies lyk dit of die howe op spesifieke reëls, faktore, of beleidsoorwegings staatmaak om die elemente van deliktuele aanspreeklikheid vir suiwer ekonomiese verlies te bepaal, en die implisiete of eksplisiete invloed van redelikheid blyk algemeen binne die verskillende elemente van deliktuele aanspreeklikheid.

Description

Text in English with summary in Afrikaans

Citation

Ahmed R “The influence of reasonableness on determining delictual or tort liability for pure economic loss – comparative conclusions” 2023 Journal for Contemporary Roman-Dutch Law, Vol. 86 (4), p 401-418

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By