Herdefiniering van identiteit as 'n proses van wording tydens die adolessent se verlies van 'n geliefde
Loading...
Date
Authors
Van der Merwe, Susanna Johanna
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
This study is aimed at the development of strategies for therapists to be used with adolescents and late adolescents (15 to 20 years of age) who have lost a loved one. This will be done by focussing on the redefining of identity as a way of becoming. The starting point of the study is to be found in the problem formulation that the process of becoming of adolescents who have suffered the loss of a loved one, may be blocked because they do not have the necessary skills to overcome the loss. The second problem is that therapists do not have the necessary skills to empower these adolescents so that the redefining of identity can be achieved.
Hierdie studie is gerig op die ontwikkeling van strategieë aan terapeute vir adolessente en laat-adolessente (vyftien- tot twintigjariges) wat die verlies van ’n geliefde(s) ervaar het, deur te fokus op identiteitherdefiniëring as ’n wyse van wording. Die vertrekpunt van die studie word gevind in die probleemstellings, naamlik dat adolessente wat verlies van ’n geliefde ervaar se wordingsproses geblokkeer kan raak aangesien hulle nie oor die vaardighede mag beskik om die verlies te oorkom nie. Tweedens het terapeute nie die nodige vaardighede om hierdie adolessente te bemagtig sodat identiteitherdefiniëring bewerkstellig kan word nie. Die volgende gestelde navorsingsvrae het die navorsing gelei, naamlik: “Wat ervaar laat-adolessente ten opsigte van hulle identiteit wanneer hulle verlies ervaar?” en “Hoe kan daar deur middel van Gestalt-terapeutiese intervensie by die laat-adolessent wat verlies van ’n geliefde ervaar, herdefiniëring van identiteit bewerkstellig word?” Die navorsingsmetodologie het gevolg vanuit die Gestalt-, opvoedkundig-sielkundige perspektiewe sowel as fenomenologiese sielkunde. Die metateoretiese aanname volg vanuit gekombineerde kwalitatiewe en kwantitatiewe, beskrywende en verkennende ontwerpe. Die kwalitatiewe deel het bestaan uit semi-gestruktureerde onderhoude met die respondente en hulle ouer(s), asook ongestruktureerde onderhoude (terapeutiese intervensie) met die adolessente. Elke respondent het aan ’n minimum van agt 6 terapeutiese sessies deelgeneem om die siklus van ervaringe te kon deurwerk. Die kwantitatiewe deel het bestaan uit die Emotions Profile Index (EPI) wat beskryf kan word as ’n ongestandaardiseerde meetinstrument wat die respondente se emosionele profiele aangedui het en verder ’n blik gebied het op die konfigurasie van hulle identiteit. Triangulasie het in die vorm van semi-gestruktureerde onderhoude, terapeutiese intervensie met adolessente, sowel as die opvolgonderhoude met die adolessente en hulle ouer(s), plaasgevind om die vertrouenswaardigheid van die studie te verhoog. ’n Doelgerigte steekproef is getrek, wat respondente ingesluit het uit die Randburg munisipale gebied in die Randburg distrik. Kategorieë wat vanuit die data van die semi-gestruktureerde onderhoude, die resultate van die EPI en die terapeutiese intervensie geïdentifiseer is, is geïntegreer. Daardie temas wat aangebied is as voorstelle tot strategieë is later vernoem tot voorstelle. Hierdie voorstelle wat deur die literatuur en terapeutiese intervensie geverifieer is, is as feite aanvaar óf verwerp. Die aanvaarde temas is aangebied in die vorm van terapeutiese strategieë. Die daarstelling van terapeutiese strategieë se sukses word gemeet aan die bemagtiging van terapeute sowel as hulle adolessente kliënte

Description
Text in Afrikaans, with summaries and keywords in Afrikaans and English
Keywords
Qualitative approach, Adolescence, Redefining of identity, Gestalt perspective, Semi-structured interviews, Combined qualitative and quantitative study, Loss, Process of becoming, Gekombineerde kwantitatiewe en kwalitatiewe studie, Semi-gestruktureerde onderhoude, Kwalitatiewe benadering, Verlies, Adolessensie, Identiteitherdefiniëring, Wordingsproses, Gestalt-perspektief
Citation
Van der Merwe, Susanna Johanna (2010) Herdefiniering van identiteit as 'n proses van wording tydens
die adolessent se verlies van 'n geliefde, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/4048>