Intimidation as a factor in the liberation struggle in South Africa with special reference to Bela Bela (Warmbaths) : an anthropological perspective
Loading...
Date
Authors
Van Niekerk, Letitia
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
INTIMIDATION AS A FACTOR IN THE LIBERATION STRUGGLE OF
SOUTH AFRICA WITH SPECIAL REFERENCE TO BELA BELA
(WARMBATHS): AN ANTHROPOLOGICAL PERSPECTIVE
The cultural revitalisation or adjustment model of Anthony Wallace provides a basis for
interpreting religious, political and other revitalisation movements. This study focuses on
political revitalisation movements. Participation in the activities of revitalisation movements does
not always occur voluntarily. Leaders of such movements apply techniques and methods of
intimidation enforcing change and participation. In South Africa, political revitalisation was
inter alia brought about by the ANC as political liberation movement who used methods of
violent and non-violent intimidation to force people, regardless of their ethnic affiliation, to
support the movement and enforce political change. The ANC inter alia used charactersitic
cultural phenomena and components of Bantu-speakers as resources for intimidation to ensure
unanimity, participation and ultimately to achieve political liberation. Cultural components that
were exploited included communality, group solidarity, administration of justice, songs and
dances.
INTIMIDASIE AS 'N FAKTOR IN DIE VRYHEIDSTRYD IN SUID-AFRIKA MET SPESIALE VERWYSING NA BELA BELA (WARMBAD): 'N ANTROPOLOGIESE PERSPEK.TIEF Kulturele vernuwmg ts 'n universele verskynsel. Anthony Wallace se model van kulturele vernuwing of -aanpassing bied 'n raamwerk vir die verduideliking en interpretasie van die fases waardeur kulturele vernuwingsbewegings van 'n godsdienstige, politieke of ander aard ontwikkel. In hierdie studie word daar uitsluitlik gefokus op vernuwingsbewegings van 'n politieke aard. Aangesien deelname aan die aktiwiteite van kulturele vernuwings- en aanpassingsbewegings nie noodwendig vrywillig geskied nie, het leiers van hierdie bewegings gebruik gemaak van tegnieke en metodes van intimidasie om deelname en vernuwing op die massas af te dwing. In SuidAfrika is politieke vernuwing onder andere teweeggebring deur die ANC as politieke bevrydingsbeweging. Die ANC het gebruik gemaak van gewelddadige (harde of direkte) sowel as nie-geweldadige (sagte of indirekte) intimidasie om mense, ongeag hulle etniese aanhorigheid, te dwing om die beweging se oogmerke aktief te ondersteun om politieke verandering te weeg te bring. As dee! van die strategie om deur intimidasie mense tot deelname aan massa-aksies soos optogte, betogings en massa-vergaderings te dwing, het die ANC gebruik gemaak van bepaalde kultuur verskynsels en -komponente wat eie is aan die lewensbeskouinge en lewenswyse van Bantoe-sprekendes. Kultuurkomponente wat suksesvol benut is deur die leiers en lede van bevrydingsbewegings omvat, onder andere verskynsels soos kommunaliteit, groep solidariteit, die regspraak, liedere en danse. Hierdie kultuurkomponente en verskynsels is verander en aangepas om ten eerste eenheid en deelname te bewerkstellig en te verseker en uiteindelik om die hoofdoelwit van politieke bevryding te bereik.

Description
Keywords
Acculturation, Bela Bela, Cultural adjustment, Freedom Charter, History, Intimidation, Kenya, Liberation or freedom songs, Liberation struggle, Mau Mau, Necklacing, Ostracism, People's courts, People's justice, Punishment, Revitalisation movement, South Africa, Toyi-toyi dances, Traditional songs, Traditional dances, Traditional courts, Warmbaths
Citation
Van Niekerk, Letitia (1999) Intimidation as a factor in the liberation struggle in South Africa with special reference to Bela Bela (Warmbaths) : an anthropological perspective, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/17744>