Korpusanalise van Afrikaanse eksosentriese komposita
Loading...
Date
Authors
Van Niekerk, Lariza
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
In hierdie verhandeling word 'n voorlopige bestekopname van Afrikaanse ekosentriese komposita aangebied. Die korpus waaruit voorbeeldmateriaal geput is, sluit leksikografiese en akademiese werke, asook die spreektaal in. Na aanleiding van 'n komparatiewe bespreking van morfologiese, kategoriale en semantiese onderskeidingskenmerke van ekso- en endosentriese komposita, word daar tot die gevolgtrekking gekom dat die onderskeid tussen eksosentriese en endosentriese lekseme noodsaaklik is.
Eksosentriese komposita word deurgaans bespreek as 'n prototipiese kategorie, met kern- en randelemente. Anders as by endosentriese samestellings, ontbreek 'n hipnimie-relasie tussen prototipiese eksosentriese samestellings en enige van hul konstituente. Alhoewel eksosentriese komposita uiteraard dubbelsinnig en semanties ondeursigtig is, is die ondeursigtighied gradeerbaar, vanaf redelik deursigtig tot heeltemal ondeursigtig.
'n Inventaris word aangebied van eksosentriese samestellings, soos dit verdeel kan word in subgroepe op grond van ontstaanswyses, semantiese kenmerke en strukturele kenmerke van die woorde. Ten slotte word die verdere studie van funksionele aspekte van eksosentriese komposita in die vooruitsig gestel.
Description
Text in Afrikaans
Citation
Van Niekerk, Lariza (2002) Korpusanalise van Afrikaanse eksosentriese komposita, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/1545>
